Some like it odd

of, Elizabeth Sioux se blog

Wednesday, 15 June 2011

'n Vinnige chocolate pudding in twee koppies

So lyk my almal is nou in full-on relationship mode as gevolg van die winterweer. Puddingresepte hou langer as lovers, so hier is 'n baie awesome ene wat jy in letterlik 10 minute of minder kan maak. Al wat jy nodig het is twee groterige koppies, 'n 15ml maatlepel en nog 'n koppie om die eier in te klits. As jy dit vir gaste maak moet jy mooi koppies gebruik. Dit is veronderstel om daardie Alice in Wonderland feel te hê, nie 'n "die bakkies was op toe gebruik ek maar koppies" vibe nie.

Die volgende is nodig vir jou road to Chocolate Mountain:
60ml (4e) koekmeel
60ml (4e) suiker
30ml (2e) cocoa
knippie sout
1 eier, geklits
45ml (3e) melk
35ml (3e) olie
45ml (3e) sjokoladesplinters (ek dink normale mense noem dit Flake)
1ml vanilla essence

Vir gaste en as jy wil fancy wees:
Roomys en gesifte cocoa

Die resep kom uit die Huisgenoot (bron van onbetwyfelbare inligting en soetkoek wat almal kan opeet) en ek het dit al baie gemaak so jy hoef nie eers te twyfel dat dit gaan goed wees nie. Oh, en hoe jy dit maak:
1)     Skep die helfte van al die droeë bestandele in elk van die twee teekoppies en geniet jou Bree Van de Kamp oomblik. Voeg die helfte van die geklitste eier by elk en meng goed.
2)     Gooi die helfte van die melk en olie by elke koppie en meng goed.  Deel die Flake en vanilla essence ook en meng weer. 
3)     Sit die koppies in die mikrogolf vir 3 minute (maar as dit ‘n potent mikrogolf is, is 2.5 min genoeg) teen 100%.
4)    Wanneer dit klaar is kan jy die roomys en gesifte cocoa daarop sit.

Indien daar nie iemand is om die tweede koppie te eet nie, eet dit self en wees bly jy hoef nie jou kos te deel as jy nie wil nie. Ha!

4 comments:

  1. "Puddingresepte hou langer as lovers"

    HAHAAHAH! Awesome!!!!

    ReplyDelete
  2. Pudingresepte hou langer as lovers, ja. Maar jy weet wat sê hulle van tjoklit: Oor die lippe, na die heupe. Wel, lover of nie, nou is daar ten minste iewers om vas te hou.

    ReplyDelete
  3. Stephan, dit is nou al die tweede keer wat jy se ek is vet. Mean.

    ReplyDelete