Some like it odd

of, Elizabeth Sioux se blog

Thursday, 23 June 2011

Ek voel soos Doctor Frankenfurter

Want ek dra vandag (nee vanaand, ek gaan nie meer maak asof ek wakker is in die dag nie) baie make up en ek het 'n Rocky gemaak. Behalwe dat Rocky 'n kat is en wat ek gemaak het is 'n clone van haar vir my vriendin (Rocky se ma) se kat-themed cardigan.

Eerste, die make up. Gewoonlik weet ek waar ek die inspirasie vir iets gekry het. Nie in die geval nie. Dalk 'n reenboog? Cupcakes? Ponies? Alternative models? All of the above? In elk geval, dit het begin met hierdie hotpink kleur op (nee, meer soos om) my oe en toe groen hartjies op dit.

Obviously is die gepose want ek het sommer 'n bril aan terwyl ek "make up opsit". Ek wou net my pink make up brush in 'n foto kry. Die hartjies lyk nie mooi groen op 'n foto nie. Die pers eyebrows lyk darem pers :)













En hier probeer ek die signature Rocky horror lippe afpull (met die editing, in elk geval. Ek het Rocky Horror Picture Show-rooi op my lippe gesit toe lyk dit nie reg by die pink eyeshadow nie.) Ek maak asof ek gedink het aan die movie toe ek die make up gedoen het, maar ek het nie. My brein was in candy land.




Dit is nou die end result. Check die pose. Ek kan nie pose nie.











Om daardie wanna-be hot pose uit te balanseer, hier is 'n kwaai pose.











So, toe ek moeg is vir "pose" het ek vir Rocky gemaak. 'n Evil kat se clone uit vilt.


Die idee is dat dit moet lyk asof jy dit in 10 minute gemaak het; dit moet so shabby afgewerk lyk. Hier is Rocky en nog 'n kat, 'n seekat. Kyk die roomys. Dit maak my nie honger nie.

Maar dit is cute. Hy't selfs so punt bo wat na die kant toe gaan wat mens nie in die foto kan sien nie. Dit klink nou asof ek my eie beul blaas (die klomp foto's van my gesig help ook nie). Ek het step-by-step instruksies vir hoe om jou eie Rocky te maak wat volg:


Oh! Rocky!


Eerste moet jy die volgende kry:

Die vilt, garing, 'n sker, 'n naald, iets om jou vorm mee te teken soos wit eye liner, spelde, geduld en dan watookal jy aan die agterkant van jou creation gaan werk om dit in 'n knippie of borsspelt of real boy te verander.



Teken dan die vorm en knip twee van dit uit.








Dis 'n goeie idee om dit met spelde aan mekaar vas te steek terwyl jy knip. Maak dit los van mekaar en draai dit om dat die wit merke aan die binnekant is en kies watse kant die beste lyk. Dit is nou jou voorkant waarop jy die detail gaan werk.



Om die garing so dik te kry vou ek dit so twee keer dubbeld voor ek dit deur die naald sit sodat jy eintlik 8 garings het in plaas van twee.





Toe maak ek pupils van hierdie fluffy bolletjie (soos op die roomys) wat ek in twee geknip het. Dit het uitmekaar uit geval en ek moes dit so bewimpel dat dit weer twee bolletjies is en toe werk ek dit vas sodat Rocky na die regter kant toe loer, die kant waarvan haar enemies altyd approach.



Ek het vir haar 'n neus gemaak van rooi garing wat ek net so in 'n driehoek gewerk het en die pink vir die ore is klein stukkies vilt. Ek het by die oor begin en so met die omgaan die pink vasgewerk tot my garing opgeraak het. Dan moet jy jou clone stop met klein repies vilt. Ek het die Rocky prototypes wat nie suksesvol was nie in stukkies geknip en dit gebruik. Scientists make mistakes too.



Rocky se brains is swart en bestaan uit ander kitties.








Druk dit lekker in die ore en enige klein spasies in. Ek gebruik die agterkant van 'n naald. Die kitty stopsel is mos in repies so dit behoort te werk.

NEXT!




Las die garing en gaan aan met die steke tot jy (hopelik nie eers oor sewe dae soos Frankenfurter se Rocky nie) klaar is.

Tada!




Wednesday, 15 June 2011

'n Vinnige chocolate pudding in twee koppies

So lyk my almal is nou in full-on relationship mode as gevolg van die winterweer. Puddingresepte hou langer as lovers, so hier is 'n baie awesome ene wat jy in letterlik 10 minute of minder kan maak. Al wat jy nodig het is twee groterige koppies, 'n 15ml maatlepel en nog 'n koppie om die eier in te klits. As jy dit vir gaste maak moet jy mooi koppies gebruik. Dit is veronderstel om daardie Alice in Wonderland feel te hê, nie 'n "die bakkies was op toe gebruik ek maar koppies" vibe nie.

Die volgende is nodig vir jou road to Chocolate Mountain:
60ml (4e) koekmeel
60ml (4e) suiker
30ml (2e) cocoa
knippie sout
1 eier, geklits
45ml (3e) melk
35ml (3e) olie
45ml (3e) sjokoladesplinters (ek dink normale mense noem dit Flake)
1ml vanilla essence

Vir gaste en as jy wil fancy wees:
Roomys en gesifte cocoa

Die resep kom uit die Huisgenoot (bron van onbetwyfelbare inligting en soetkoek wat almal kan opeet) en ek het dit al baie gemaak so jy hoef nie eers te twyfel dat dit gaan goed wees nie. Oh, en hoe jy dit maak:
1)     Skep die helfte van al die droeë bestandele in elk van die twee teekoppies en geniet jou Bree Van de Kamp oomblik. Voeg die helfte van die geklitste eier by elk en meng goed.
2)     Gooi die helfte van die melk en olie by elke koppie en meng goed.  Deel die Flake en vanilla essence ook en meng weer. 
3)     Sit die koppies in die mikrogolf vir 3 minute (maar as dit ‘n potent mikrogolf is, is 2.5 min genoeg) teen 100%.
4)    Wanneer dit klaar is kan jy die roomys en gesifte cocoa daarop sit.

Indien daar nie iemand is om die tweede koppie te eet nie, eet dit self en wees bly jy hoef nie jou kos te deel as jy nie wil nie. Ha!

Friday, 10 June 2011

I came to tame your lion with my curves and shiny old clothes

'n Semiandrogynous Ringmaster vintage-inspired outfit. Nie dat mens hierdie goed kan sien nie, maar ek lewe mos in my eie droomwêreld :P Die handsak feature in 'n vroeër inskrywing en die baadjie en strikdas wat ek as 'n alice bad dra is charity shop chic.

Tie Die

Ek het geëksperimenteer met Jik vandag om 'n fyngebreide trui/t-shirt inbred son in 'n skeleton hemp te verander. Dit laat my dink aan tie dye, net cooler. Ek kan nie wag om dit te dra nie. Hier is wat ek gedoen het, indien jy eendag verveeld en adventurous voel.
Jy gaan die volgende moet uitkrap:
'n Hemp van 'n natuurlike stof soos wol of katoen. Sinteties kan ook werk, maar ek dink dit sal langer vat. Ek hou nie van wag nie. Dit gaan 'n ligbruin kleur bleik op swart, wat ook nice lyk.
'n Koki.
So 25ml Jik
'n Inspuiting om die Jik mee op te suig en 'n koppie om die Jik in te sit. Moenie fast acting gebruik nie, want dan gaan die kleure te veel verskil van waar jy begin teken het teen die tyd wat jy eindig.
So een of twee plastieksakke
Dink solank waar jy dit gaan was wanneer jy klaar is, want dit bleik nogal gou en jy wil dit nie oordoen nie.


1) Maak merkies terwyl jy die top aanhet om min of meer te sien waar jou ribs gaan eindig en jou heupe begin en dat jy die middel in die middel het (party hemde se middel is nie in die middel as jy dit aanhet nie - baie irriterend as jy dit wil customize). Die ribs moet met 'n boog draai. Ek kon dit beter gedoen het op my hemp, maar nou weet jy.
2) Sit die plastieksakke in die hemp dat jy nie die agterkant ook bleik nie. Jy kan die agterkant doen as jy klaar is met die voorkant, maar doen dit eerder buite dat jy nie Jik op die vloer wil kry en alles vir die volgende week bleik nie. Oh en moenie soos ek in 'n toe kombuis sit nie die: Jik-reuk maak mens  vir ± 'n uur naar :o
3) Begin in die middel en trek van die Jik in die koppie op met jou inspuiting en drup 'n lyn op die hemp. Die Jik loop so kyk eers hoe breed dit vanself intrek voor jy te veel opsit. As jy perongeluk te veel opsit kan jy met handoekrol dit opsuig voor dit oor die hele hemp loop. Of as jy dit nou rêrig opgevoes het, was dit gou af en begin oor wanneer die hemp weer droog is. Die idee is nie dat dit perfek lyk nie. Ek het na die tyd druppeltjies hier en daar gesit dat dit net lyk of die tie dye toevallig so awesome uitgekom het. Ha!

4) Werk nou uitwaarts van die lang blerts in die middel en maak nog lyne waar jy jou heupe gemerk het. Gaan kyk na 'n geraamte as jy onseker is van wat jy moet aanvang.

5) Dan kan jy bietjie wag tot jy die rugstring insit. dat alles nie dieselfde uitkom nie. Ek het goed wat sleutelbene moet voorstel ook ingesit en dotjies om hulle gedrup.
5) Was dit. Tada! Walking dead tie dye! As dit jou hare match is dit 'n bonus. 

Wednesday, 08 June 2011

Ek hou nie van dooie diere nie, maar ek hou van taxi.

Ek weet nie wat dit van taxidermy is nie, maar dit het my nog altyd gefassineer. Ek sal nie (wetend- ja ek praat van julle, King Pie, wat die steak as spinasie verkoop) 'n dier eet nie en ook nie fur dra nie so ek sal nou nie na 'n taxi shop toe gaan nie, maar dis mos anders as dit tweedehands is, right?

Ponies en my nonsexrelationship

Ponies is een van my vele obsessies. Ek probeer dit in toom hou dat dit nie soos my Hello Kitty versameling handuit ruk nie. Toe gaan kry ek 'n massiewe perd tattoo, so dit is veilig om te se dat ek misluk as dit by die wegbly van ponies kom. Kyk net hierdie ring:
http://tentaclesandteacups.tumblr.com/post/6028198818
Ek wil dit hê! En as jy van vreemde goed oor die algemeen hou, kyk sommer na die archive van hierdie girl van Adelaide se tumblr. Dit is 'n reis in die wacky en random. Ek is versot op haar tumblr! Unicorns tel ook as 'n pony, maar ek verkies my ponies sonder vlerke. (Dit is waarvoor voëls daar is, veral duiwe. Ek hou van duiwe, maar duiwe hou nie van my nie. Ek het al ophou tel hoeveel duiwe weggevlieg het. Ek wil so graag ene as 'n troedeldier hê!) My vriende dink seker ek is mal, want ek moes net vir almal vertel het van die outydse My Little Pony kussingsloop wat ek gekry het, en boonop in 'n goeie toestand! (Nou kan ek nog aangaan oor hoe hulle nie meer kussingslope met valle maak waarin jy twee kussings kan sit nie, hoe die kleure by my lakens pas, en dan dink, hel, ek is seker maar meestal 'n goeie vriend as hulle niks sê oor hierdie kussingsloop relaas nie!)

Een persoon wat altyd uithou met my mallighede is Renier. Ek het nou die dag besef dat ons soos 'n couple lyk op Facebook. Hy feature nou al tot in my profile pic. Ons skryf elke dag op mekaar se walls, hy dedicate statusses aan my. Aaah, the bliss!! Nou die aand toe ons by een van ons vriendinne se verjaardagpartytjie was, het haar ander vriendin gevra of ek en Renier uitgaan. Dit was onverwags. Toe gaan kyk ek na die evidence en dit is, wel, seker maar confusing. Ons huil saam, ons lag saam, ons skinder en bitch saam. Dit is coupledom sonder die drama, die wie-gaan-eerste-ek-is-lief-vir-jou-sê, al daardie dinge, want dit is natuurlik. Flieks beeld verhoudings tussen couples uit as die mekka van vriendskap en vervulling, asof jy werklik gelukkig sal wees as jy daardie een persoon kan kry wat jou so goed verstaan dat woorde nie nodig is nie en julle liefde alles sal oorkom. Dit werk rêrig nie so nie. Verhoudings is werk! Baie werk. Mens raak kwaad en voel afgeskeep. Wil die persoon vermoor die een dag en die volgende dag mis jy hulle so baie jy kan iets oorkom. Of dalk is dit net ek wat so is, maar hierdie nonsexrelationship is die meeste ondersteuning en onvoorwaardelike liefde wat ek nog ooit van iemand (behalwe nou my ouers) gehad het. So, ek dink ons moet ophou soveel fokus plaas op romantiese, seksuele verhoudings, want ek kan mense net so naar maak op facebook met 'n nonsexrelationship! HA! Nie dat ek wil nie, ek is net op 'n power trip :P

Tuesday, 07 June 2011

Vandag se vintage find

Ek het hierdie seegroen bad boy by die hospice opgetel vir R50. Ek kan nie verstaan hoekom iemand hom nie sal wil he nie! Nou dat ek daaraan dink, dit is dieselfde met altwee my honde :o wat Welfare pups is. Hulle is awesome, en al is die ene neuroties, maak sy daarvoor op met haar ongoddelike cute gesiggie. 
One man's meat is another man's poison

To be of om nie te be nie

I want a blog and I want it now! Tien minute later het ek ene met 'n Engelse naam en 'n Engelse description en ek wil in Afrikaans skryf, of moet ek in Afrikaans skryf? Engels is baie meer universeel. Almal moet my blog kan lees! Maar tot dan, gaan ek my kop se hoeke uitspoel in Afrikaans.