Some like it odd

of, Elizabeth Sioux se blog

Wednesday, 20 July 2011

Pan was die god van die wildernis en hippy musiek

My opgesomde, ewig-ontwikkelende, Pantheistiese antwoord op die "Why are we here?" vraag.

Prove you're alive. If you don't prove your humanity you will become a statistic. You have been warned.
-Chuck Palahniuk

Ek vind Palahniuk inspiring. Miskien nie die anarchy wat sterk ondersteun word in Fight Club nie, maar die manier wat hy die lewe kan opsom. Sterk ondertone van "skrik die fok wakker". Jy het net een lewe en jy moet die meeste daarvan maak of dit gaan verby wees voor jy jou oe kon uitvee en dan was jy net nog een van die massas. Alles wat in jou lewe gebeur het gaan saam smelt en die mees memorable moments gaan jou trou dag, jou kinders se geboortes ens. wees. Nie dat daar iets fout is met hierdie dinge nie, maar dit is al soveel keer gedoen dat jy rerig nie gaan onthou word daarvoor nie en dan net 'n nommer gaan wees. Wat maak jou anders van die volgende persoon? Wat maak jou die moeite werd vir die wereld om te onthou? Te onderhou, for that matter. Wil jy onthou word? En as jy geen impak op die mense om jou of die wereld gehad het nie, wat was jou doel?

En dan wonder my ma hoekom ek nie omgee wat ander mense dink nie.

As jy te besig is om jouself te wees gee jy later aan nie meer om wat ander se persepsies van jou is nie. Ek werk nog daaraan. Daar gaan altyd mense wees wat van jou hou en mense wat nie van jou hou nie. My ma het dit self gese. Die mense wat vir jou gaan saak maak gaan nie afgeskrik wees deur wie jy is nie. So maklik soos dit.

Nou, deel van jouself wees is om op te staan vir waarin jy glo. Ek het vanoggend rillings gekry toe ek weer dink aan hierdie chick wat op een van my Facebook friends se status (oor haar pledge om vegan te word) gecomment het dat sy nie vegans verstaan nie. Syt wou weet of sy nou al haar boots gaan uitgooi en of sy nou gaan ophou chocolate eet. "Cause drinking milk is stealing milk from a hungry calf." Dit is die mees oningeligte stelling wat 'n ingeligte mens (of ten miste, iemand met toegang tot Google) kan maak. Weet mense dan nie waardeur diere gaan om vir hulle produkte in pakkies op rakke te sit nie? Hoekom moes ek self van die werklike horrors uitvind toe ek navorsing doen vir 'n essay in Animal Studies? Want, in my opinie en baie ander (Elizabeth Costello, byvoorbeeld), kan die mens nie meer die vleis van diere oor hulle lippe kry as daardie muur eers afgebreek is nie. As jy die koei met haar groot oe en moerderlike instink (nie op so sarkastiese wyse soos die anti-vegan chick nie) kan picture as jy die vleis eet en besef hoe naby die sentience (diere se vermoe om te voel, ervaar en sintuie te gebruik) aan die mens s'n is, is jy screwed. Dan gaan jy maar net vir die res van jou lewe moet aanhoor "mis jy nie steak nie?" Nee ek mis nie steak nie. As ek steak gemis het sou ek nie opgehou het nie, sou ek? Dit is 'n keuse. Maar, en dit is nou maar net so en ek is ook hieraan skuldig, mens kan nie jouself in ander se skoene sit as jy nie gevoel en ervaar het wat hulle ervaar het nie. My beste vriend het al 'n paar keer vir my gese dat ek rerig omgee vir mense. Ek is nou nie so seker van alle mense nie. Mense kan eintlik down right stupid en wreed wees. Ek gee om omdat ek my vriende wil help waar hulle kan, dit is hoekom ons kommunikasie ontwerp het (probably), maar ek gee ook om oor die ervarings van ander sentient beings wat die aarde met ons deel. Ek wil nie geld spandeer op 'n industrie wat diere uitbuit nie. En ek sukkel nogsteeds met skuld gevoelens oor die melk en sushi ding. Ek is ver van 'n vegan af, maar ek is nou 13 maande sonder enige koei, vark, skaap of hoender se vleis in my maag. En dit voel goed :) Ek het nog nooit my besluite in ander mense se keel afgedruk nie, maar ek wens tog dat almal soveel omgee vir diere dat hulle die misbruik kan raaksien en iets daaraan doen, al is dit net in hulle eie lewens.

Nou, hier kom geloof in, of eerder, my gebrek daaraan. Ek het nie geweet hoe om die vraag "is jy gelowig?" aan myself te beantwoord nie. Atheiste is dikwels baie afbrekend teenoor geloof en alhoewel ek nie gelowig is nie, wil ek ander mense se keuses respekteer (as dit niemand of niks seer maak nie, ten minste). Toe lees ek oor Pantheisme. Dit is nie 'n geloof nie, dit is die lewensfilosofie dat daar nie 'n god is nie, maar dat daar 'n higher power gevoel kan word deur die universe (dit klink erg hippy en "heelal" klink te Sondagskool, maar is daar ooit iets tussen in?) en die natuur. Vir my is dit 'n bewustheid van die krag van die natuur om mens se gesindheid te verander as jy dit toelaat.

So, eintlik, weet ek nie hoekom ek hier is nie, maar ek weet hoe ek wil lewe en dat ek 'n verskil wil maak en dapper wil wees. Ek is nou maar een maal nie die hardwerkendste persoon nie, maar ek werk daaraan. Nee ek doen nie dis 'n contradiction :P. Okay, ek dink net baie aan hoe ek myself kan verander om my gesindheid uit te leef. Ek dink aan wat ander mense en diere ervaar en ek probeer om die mooi en interessante goed in die lewe te absorb deur my open mind. Nou kry ek hierdie mental image van hoe ek met 'n oopgesnyde kop op my arms loop en met 'n sponsbrein goed opsuig. Gah! Nee, ek is nie op drugs nie.

PS: Buy cruelty free cosmetics. Dis die minste wat mens kan doen en is rerig nie veel van 'n opoffering om 'n klein verskil te maak nie :)

Oh man, ek het nou net besef, as iemand my ooit vra wat my geloof is en ek se "Pantheis" gaan dit net soos panties klink. So awesome.

3 comments:

  1. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  2. WoW!!! Ek het dit so geniet om te lees. Moes elke nou en dan stop en die sin weer lees want dit is so mooi gese, jou afr is amazing, ek besef nie hoe lui ek al geraak het met my moedertaal nie ek voel embarrassed dat ek dit afskeep!

    My skat jou sienpunt op die lewe is deur die oe van n baie old soul! Ek stem saam met jou ons moet ons self wees, ek gee nie n ratz ass om wat mense van my dink nie en cudnt care less if they don't like me! Awsomeness!

    Ek het dit al voorheen gese maar moet dit weer se. I WANT TO PICK UR BRAIN!!!!!

    Nou nie n hanibal lector way nie maar n lekker lang passievolle gesprek oor als en niks tergelyk.

    Die answer to live, love and the universe is 42!!!!! Lol

    Mag ek maar die post van jou op facebook share?

    Mwa

    ReplyDelete
  3. Jis dis baie mooi woorde :'( dankie!!!! Ek is bly iemand het iets uit my ramblings gekry! :) Jy mag my brain in 'n nonHannibal way pick.

    En ja of course kan jy dit op facebook share. Asseblief doen!

    ReplyDelete