Some like it odd

of, Elizabeth Sioux se blog

Sunday, 07 August 2011

Die naaste aan 'n witch's broth wat ek by 'n apteek kan kry

Wanneer mens siek is kry jy jouself so jammer. En as jy dan nog moet werk ook...ek het soos 'n slegte mens begin voel oor ek die hele tyd gekla het oor hoe seer my lyf is en hoe droog my keel is en hoe moeg ek voel. Geen wonder ek het gisteraand gedroom ek is 'n terrible, irriterende mens nie! In hierdie droom het ek my baadjie verloor by 'n house party en toe gaan ek terug die volgende dag om my geliefde faux leer baadjie terug te kry, maar dit was natuurlik nerens te vinde nie. Toe betaal die mense my vir die baadjie. Net om stil te bly! Toe volg 'n risque encounter met die ma... As ek ooit weer sleg voel oor iets gaan ek myself net herinner dat ek ten minste nie so is nie (of van ma's hou nie).

Hier is my kit om griep/verkoue/sinusitis of watookal ek nou alles gelyk het te beat. Ek glo dat natuurlike medisyne die beste is. Dit bevat die nodige vitamiene wat jou liggaam nodig het om self te herstel en droog nie my oe uit soos gewone sinusmedisyne nie:
Viral Choice, 2 pille 3 keer 'n dag.
Olive Leaf , 2 tablette 3 keer 'n dag (dit is 'n natuurlike tablet vir die sinusse, aangesien my liggaam sinusmedisyne haat en erger ander kant uitkom).
Hoe Hin White Flower Embrocation, drie druppels, twee op jou voorkop (een bo elke oog) en een op jou keel.
Baie rus, maar as jy nie kan rus nie, Bio plus het hierdie vitamin-packed energy drinks wat my baie gehelp het gisteraand by die werk. Ek was nie meer suicidal na ek dit gehad het nie, yay.

2 comments:

  1. At least it seems you had entertaining dreams, if somewhat unpleasant. I agree with holistic healing. We need to ensure we're living healthy lives to avoid getting sick, not grab for the nearest quick fix. Having said that, I'm also a firm believer in medical science, and although I'm the last to reach for a Panado I do believe there are ailments that require serious cures.

    ReplyDelete
  2. Yes absolutely, I won't hesitate to take antibiotics if I really needed it, but I find this cures me fast enough from the flu. Being vegetarian helps, I heard it makes your body's natural antibiotics stronger because you don't get so much antibiotics in from meat. If that makes sense.

    ReplyDelete