Some like it odd

of, Elizabeth Sioux se blog
Showing posts with label Wonderlandrehab. Show all posts
Showing posts with label Wonderlandrehab. Show all posts

Wednesday, 15 June 2011

'n Vinnige chocolate pudding in twee koppies

So lyk my almal is nou in full-on relationship mode as gevolg van die winterweer. Puddingresepte hou langer as lovers, so hier is 'n baie awesome ene wat jy in letterlik 10 minute of minder kan maak. Al wat jy nodig het is twee groterige koppies, 'n 15ml maatlepel en nog 'n koppie om die eier in te klits. As jy dit vir gaste maak moet jy mooi koppies gebruik. Dit is veronderstel om daardie Alice in Wonderland feel te hê, nie 'n "die bakkies was op toe gebruik ek maar koppies" vibe nie.

Die volgende is nodig vir jou road to Chocolate Mountain:
60ml (4e) koekmeel
60ml (4e) suiker
30ml (2e) cocoa
knippie sout
1 eier, geklits
45ml (3e) melk
35ml (3e) olie
45ml (3e) sjokoladesplinters (ek dink normale mense noem dit Flake)
1ml vanilla essence

Vir gaste en as jy wil fancy wees:
Roomys en gesifte cocoa

Die resep kom uit die Huisgenoot (bron van onbetwyfelbare inligting en soetkoek wat almal kan opeet) en ek het dit al baie gemaak so jy hoef nie eers te twyfel dat dit gaan goed wees nie. Oh, en hoe jy dit maak:
1)     Skep die helfte van al die droeë bestandele in elk van die twee teekoppies en geniet jou Bree Van de Kamp oomblik. Voeg die helfte van die geklitste eier by elk en meng goed.
2)     Gooi die helfte van die melk en olie by elke koppie en meng goed.  Deel die Flake en vanilla essence ook en meng weer. 
3)     Sit die koppies in die mikrogolf vir 3 minute (maar as dit ‘n potent mikrogolf is, is 2.5 min genoeg) teen 100%.
4)    Wanneer dit klaar is kan jy die roomys en gesifte cocoa daarop sit.

Indien daar nie iemand is om die tweede koppie te eet nie, eet dit self en wees bly jy hoef nie jou kos te deel as jy nie wil nie. Ha!

Friday, 10 June 2011

Tie Die

Ek het geëksperimenteer met Jik vandag om 'n fyngebreide trui/t-shirt inbred son in 'n skeleton hemp te verander. Dit laat my dink aan tie dye, net cooler. Ek kan nie wag om dit te dra nie. Hier is wat ek gedoen het, indien jy eendag verveeld en adventurous voel.
Jy gaan die volgende moet uitkrap:
'n Hemp van 'n natuurlike stof soos wol of katoen. Sinteties kan ook werk, maar ek dink dit sal langer vat. Ek hou nie van wag nie. Dit gaan 'n ligbruin kleur bleik op swart, wat ook nice lyk.
'n Koki.
So 25ml Jik
'n Inspuiting om die Jik mee op te suig en 'n koppie om die Jik in te sit. Moenie fast acting gebruik nie, want dan gaan die kleure te veel verskil van waar jy begin teken het teen die tyd wat jy eindig.
So een of twee plastieksakke
Dink solank waar jy dit gaan was wanneer jy klaar is, want dit bleik nogal gou en jy wil dit nie oordoen nie.


1) Maak merkies terwyl jy die top aanhet om min of meer te sien waar jou ribs gaan eindig en jou heupe begin en dat jy die middel in die middel het (party hemde se middel is nie in die middel as jy dit aanhet nie - baie irriterend as jy dit wil customize). Die ribs moet met 'n boog draai. Ek kon dit beter gedoen het op my hemp, maar nou weet jy.
2) Sit die plastieksakke in die hemp dat jy nie die agterkant ook bleik nie. Jy kan die agterkant doen as jy klaar is met die voorkant, maar doen dit eerder buite dat jy nie Jik op die vloer wil kry en alles vir die volgende week bleik nie. Oh en moenie soos ek in 'n toe kombuis sit nie die: Jik-reuk maak mens  vir ± 'n uur naar :o
3) Begin in die middel en trek van die Jik in die koppie op met jou inspuiting en drup 'n lyn op die hemp. Die Jik loop so kyk eers hoe breed dit vanself intrek voor jy te veel opsit. As jy perongeluk te veel opsit kan jy met handoekrol dit opsuig voor dit oor die hele hemp loop. Of as jy dit nou rêrig opgevoes het, was dit gou af en begin oor wanneer die hemp weer droog is. Die idee is nie dat dit perfek lyk nie. Ek het na die tyd druppeltjies hier en daar gesit dat dit net lyk of die tie dye toevallig so awesome uitgekom het. Ha!

4) Werk nou uitwaarts van die lang blerts in die middel en maak nog lyne waar jy jou heupe gemerk het. Gaan kyk na 'n geraamte as jy onseker is van wat jy moet aanvang.

5) Dan kan jy bietjie wag tot jy die rugstring insit. dat alles nie dieselfde uitkom nie. Ek het goed wat sleutelbene moet voorstel ook ingesit en dotjies om hulle gedrup.
5) Was dit. Tada! Walking dead tie dye! As dit jou hare match is dit 'n bonus.