Eerste, die make up. Gewoonlik weet ek waar ek die inspirasie vir iets gekry het. Nie in die geval nie. Dalk 'n reenboog? Cupcakes? Ponies? Alternative models? All of the above? In elk geval, dit het begin met hierdie hotpink kleur op (nee, meer soos om) my oe en toe groen hartjies op dit.
En hier probeer ek die signature Rocky horror lippe afpull (met die editing, in elk geval. Ek het Rocky Horror Picture Show-rooi op my lippe gesit toe lyk dit nie reg by die pink eyeshadow nie.) Ek maak asof ek gedink het aan die movie toe ek die make up gedoen het, maar ek het nie. My brein was in candy land.
Dit is nou die end result. Check die pose. Ek kan nie pose nie.
So, toe ek moeg is vir "pose" het ek vir Rocky gemaak. 'n Evil kat se clone uit vilt.
Die idee is dat dit moet lyk asof jy dit in 10 minute gemaak het; dit moet so shabby afgewerk lyk. Hier is Rocky en nog 'n kat, 'n seekat. Kyk die roomys. Dit maak my nie honger nie.
Maar dit is cute. Hy't selfs so punt bo wat na die kant toe gaan wat mens nie in die foto kan sien nie. Dit klink nou asof ek my eie beul blaas (die klomp foto's van my gesig help ook nie). Ek het step-by-step instruksies vir hoe om jou eie Rocky te maak wat volg:
Oh! Rocky!
Eerste moet jy die volgende kry:
Die vilt, garing, 'n sker, 'n naald, iets om jou vorm mee te teken soos wit eye liner, spelde, geduld en dan watookal jy aan die agterkant van jou creation gaan werk om dit in 'n knippie of borsspelt of real boy te verander.
Teken dan die vorm en knip twee van dit uit.
Dis 'n goeie idee om dit met spelde aan mekaar vas te steek terwyl jy knip. Maak dit los van mekaar en draai dit om dat die wit merke aan die binnekant is en kies watse kant die beste lyk. Dit is nou jou voorkant waarop jy die detail gaan werk.
Toe maak ek pupils van hierdie fluffy bolletjie (soos op die roomys) wat ek in twee geknip het. Dit het uitmekaar uit geval en ek moes dit so bewimpel dat dit weer twee bolletjies is en toe werk ek dit vas sodat Rocky na die regter kant toe loer, die kant waarvan haar enemies altyd approach.
Rocky se brains is swart en bestaan uit ander kitties.
Druk dit lekker in die ore en enige klein spasies in. Ek gebruik die agterkant van 'n naald. Die kitty stopsel is mos in repies so dit behoort te werk.
NEXT!
Las die garing en gaan aan met die steke tot jy (hopelik nie eers oor sewe dae soos Frankenfurter se Rocky nie) klaar is.
Tada!